
Zuurberg Staptog
Staptog in Zuurberg 1-3 Junie 2012
Ons nooi die jong energiekes van die Ring van Sondagsrivier op ‘n opwindende staptog.
Arriveer Vrydag @ 17:30- 18:30 te AZMR-kamp op Zuurberg (oorkant Zuurberg Inn Hotel) waar ons spanbou en oorslaap.
Saterdagoggend ry sommige voertuie om na Slagboom. Maar eers laai ons die een groep Kloofstappers op die R336 naby die “Cutting” van Zuurbergpas af. Vandaar loop ons basies 1.6 km berg-af en 1.6 km langs die stroom en die res (2.3 km) in die plaaspaadjies langs die stroom. Dis ‘n goeie geleentheid om mekaar beter te leer ken en iets avontuurliks saam te geniet
Die groep wat omgery het na Slagboom, kan van daar ‘n 3km gemaklike roete stap – (die Kloofstappers tegemoet).
Afhangende van die belangstelling en inskrywings, sal ons bepaal wat die koste is.
(en of ons bv ook Saterdagmiddag met Kayakke op Slagboom dam gaan roei)
Voorlopig kan jy dink aan R120 (Bed en Stapfooi en 3 Etes inklusief).
Vervoer is uitgesluit.
Kontak Johan Enslin (Jenslin2@gmail.com) onverwyld indien jy belangstel dat ‘n inskryfvorm vir jou gepos word. Mooi loop!
Retraite Paradys
Jy hoef nie verder te soek vir ‘n unieke Retraite ervaring nie.
Kom weg -kom raak hier weer reg.
Die wonderlike natuurskoon
leer jou weer droom.
Kry weer nuwe lig
met die panorama-uitsig.
Bring al die baie stemme
tot bedaring ,
in afsondering met
‘n unieke stil-word ervaring.
Geniet die stilte
en die stem van die natuur
waar jy oor berge en dale tuur.
Bewandel en beleef
die vryheid van die bergveld.
Verlustig jou in
die fees-vir-die-oog omgewing.
Bou jou span(gees) vir
klein- & grootgroepe -
Ook vir enkelinge
bied dit die einde van ‘n soeke
- die ideale wegbreek ervaring.
Jou verfrissing en verkwikking
is so naby soos ‘n 1ste besoek
aan AZMR in Zuurberg.
So ‘n bederf, is net ‘n bespreking ver.
Come and enjoy the treat
of a Zuurberg Retraite…

Welkom by AZMR
Die NG Kerk Sondagsrivier-Suid het in 2003 die voormalige (Dave Marais) Kampterrein oorgekoop by die Sinode van Ooskaap met die oog op die voortsetting van Koninkryksbediening as hoof doel, dmv o.a. kampefasiliteite. Daarvoor is ‘n Trust gestig bekend as ZS TRUST [Zuurberg Sondagsrivier-Trust] trading as AZMR – Addo Zuurberg Mountain ResortDerhalwe word AZMR kampterrein en fasiliteite beskikbaargestel vir skole, kerk en die algemene publiek. Daar is heelwat infrastruktuur beskikbaar vir Ervaringsleer aktiwiteite
en ons bied ook Spanboue vir Korporatiewe, Gemeente, Jeug of ander groepe.
AZMR kampterrein in Zuurberg het ‘n panoramiese natuurskoon uitsig en bied die optimale ruimte vir Christelike Kampbediening of ‘n wegbreek na die natuur. Hier is ook al 4×4 geleenthede gehou, Modelskole het al hul fotosessies hier kom neem, Kore het hul repertoir al hier kom inoefen, Skoolverlaters en Skoolverwisselingskampe word ook jaarliks hier gehou.
Besoek ons Web by <http://www.addozuurberg.co.za>



















